Die laeveldnaboom (Euphorbia evansii) is 'n plant van die naboomfamilie Euphorbiaceae.

Euphorbia evansii se verspreiding is beperk tot die suidelike laeveld van Mpumalanga in Suid-Afrika, die Drakensberg naby die Strijdomtonnel, asook sommige koppies rondom Pretoriuskop/Malalane in die Krugerwildtuin, tot in Eswatini en enkele dele van KwaZulu-Natal.

Die plant se stamme bevat 'n melkerige stof met karsinogene eienskappe. Kontak daarmee veroorsaak erge velirritasie, en indien die oë aangetas word, kan dit blindheid veroorsaak.

Die boom se FSA-nommer is 348.Treetags

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Eksterne skakels

evansii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika