Die bosvy (Ficus craterostoma) is 'n boom en deel van die wurgvye. Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Die boom kom voor in warmer woude en bosveld en is besonder opvallend. Die boom se FSA-nommer is 52.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding In Suid-Afrika is die spesie inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. In die res van Afrika is die spesie inheems aan Angola, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
craterostoma Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe