Die trosvy (Ficus sycomorus) is 'n groot wildevyeboomspesie wat natuurlik langs riviere in die laeveld voorkom, maar ook sedert antieke tye in die Midde-Ooste verbou word. Hulle is inheems aan die Tugela-vallei in KwaZulu-Natal, noordwaarts tot aan die rand van die Sahara, en in die suidelike Arabiese Skiereiland. Die boom se FSA-nommer is 66.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die boom is inheems in Algerië, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kaap Verde, Kenia, Libanon, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sirië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Bekende eksemplare Die Ilembe-boom is 'n baie groot trosvy, geleë op die oewer van die Mandlenispruit naby Kranskop, KwaZulu-Natal. Dit is in 2013 as 'n kampioenboom verklaar en word bewaar in terme van die Nasionale Wet op Bosse (84/1998).Geleë te
Die skadu van die Umdlebe- of Ultimatumboom op die suidoewer van die Tugelarivier was die ligging waar die Britte in 1878 'n ultimatum aan Cetshwayo se indoenas sou stel, wat op die Anglo-Zoeloeoorlog sou uitloop. Die oorspronklike boom (óf een wat daarmee verwar is) bestaan nie meer nie, maar 'n stiggie van die boom is in die nabye aangeplant en omhein. Dit is tans in die Harold Johnson-natuurreservaat geleë.www.battlefieldsroute.co.za/place/fort-pearson-and-ultimatum-tree
duimnael|links|'n Trosvy in Ethiopië duimnael|links|Vrugte
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Ficus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kaap Verde Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Libanon Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Oman Kategorie:Flora van Palestina Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sirië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe