18 Maart is die 77ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (78ste in skrikkeljare). Daar volg nog 288 dae.

Gebeure 178 – Pous Julianus van Alexandrië volg Agrippinus as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 417 – Pous Zosimus volg Pous Innocentius I op. 731 – Pous Gregorius III volg Pous Gregorius II op. 1123 – Pous Callixtus II hou die Eerste Lateraanse Konsilie. 1226 – Pous Honorius III verklaar William, aartsbiskop van York heilig. 1229 – Sesde Kruistog: Heilige Romeinse Keiser Frederick II verklaar homself tot Koning van Jerusalem. 1310 – Jacques Duèze (later Pous Johannes XXII) word biskop van Avignon. 1438 – Albert II van Habsburg word Koning van die Romeine in die Heilige Romeinse Ryk. 1513 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word aartsbiskop van Siponte Manfredonia. 1686 – Vincenzo Maria Orsini, (Later Pous Benedictus XIII) word Metropolitaanse aartsbiskop van Benevento (Italië). 1715 – Vincenzo Maria Orsini, (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Porto e Santa Rufina. 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Providas Romanorum teen Vrymesselary. 1839 – Die Eerste Opiumoorlog breek uit. 1921 – Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot ’n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga. 1921 – Die Kronstadt-rebellie word deur die Rooi Leër onderdruk. 1922 – Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlikeongehoorsaamheid. 1965 – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop 1976 – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik. 1980 – Tropiese sikloon Kolia, suid van Madagaskar, veroorsaak buitengewone deinings langs die Natalse kus. Golwe so hoog as 5 meter stort oor die seewalle van Laer Marine Parade in Durban en rig groot skade aan. 1988 – Die Hugenotetonnel op die N1-hoofweg tussen die Paarl en Worcester (Wes-Kaap, Suid-Afrika) word amptelik geopen.

Geboortes

1496 – Maria Tudor, koningin van Frankryk († 1533). 1733 – Friedrich Nicolai, Duitse skrywer en uitgewer († 1811). 1834 – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster en beskermvrou van die kunste († 1906). 1837 – Grover Cleveland, die 22ste en 24ste President van die Verenigde State († 1908). 1837 – Richard Maurice Bucke, Kanadese psigiater († 1902). 1858 – Rudolf Diesel, Duitse ingenieur en uitvinder († 1913). 1869 – Neville Chamberlain, Britse politikus († 1940). 1914 – Anna Scheepers, ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier († 1999). 1926 – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur († 2010). 1928 – Fidel Ramos, Filippynse president (1992 - 1998). 1931 – Jürgen Schadeberg, Duitsgebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar († 2020). 1932 – John Updike, Amerikaanse skrywer († 2009). 1936 – Frederik Willem de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party) en laaste blanke staatspresident († 2021). 1945 – Susan Tyrrell, Amerikaanse aktrise († 2012). 1947 – Stevo Crvenkovski, diplomaat van die Republiek van Masedonië († 2004). 1950 – Brad Dourif, Amerikaanse akteur. 1959 – Luc Besson, Franse filmregisseur en scenarioskrywer. 1965 – Alan Winde, politikus en Premier van die Wes-Kaap. 1970 – Suzan Anbeh, Duitse aktrise. 1972 – Dane Cook, Amerikaanse akteur en komediant. 1979 – Adam Levine, Amerikaanse sanger. 1982 – Timo Glock, Duitse F1- en motorrenjaer. 1993 – Urassaya Sperbund, Thai-Noorweegse aktrise. 1997 – Rieko Ioane, Nieu-Seelandse rugbyspeler. 1997 – Ciara Bravo, Amerikaanse aktrise en sangeres.

Sterftes 978 – Eduard die Martelaar, koning van die Angel-Saksiese Koninkryk Wessex in Engeland (* 962). 1227 – Pous Honorius III, 177ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1148). 1584 – Iwan die Verskriklike, tsaar van Rusland (* 1530). 1768 – Laurence Sterne, Iersgebore Engelstalige romansier, en 'n Anglikaanse predikant (* 1713). 1928 – Paul van Ostaijen, Vlaamse digter (* 1896). 1856 – Sir Henry Pottinger, Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1789). 1949 – Billy Millar, Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein (* 1883). 1980 – Erich Fromm, Duits-Amerikaanse sielkundige (* 1900). 2007 – Bob Woolmer, Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948). 2009 – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur (* 1919). 2009 – Natasha Richardson, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1963). 2016 – Guido Westerwelle, Duitse politikus (* 1961). 2020 – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur (* 1932). 2024 – Hans Heese, Suid-Afrikaanse skrywer en genealoog (* 1945).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Vlagdag in Aruba (1976)

Kategorie:Maart