22 Maart is die 81ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (82ste in skrikkeljare). Daar volg nog 284 dae in die jaar.
Gebeure 238 – Gordianus I en Gordianus II word as Romeinse Keisers verklaar. 1209 – Ryksdag in Speyer: Otto IV herhaal sy voorneme om kettery te bestry. 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Vox in Excelso waarmee hy die Tempeliers ontbind. 1585 – Pous Gregorius XIII ontvang vier ambassadeurs uit Japan. 1607 – Pous Paulus V hef die interdik teen Venesië op. 1765 – Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatiste beweging in koloniale Amerika verder aanblaas. 1888 – William McGregor, direkteur van Aston Villa in Birmingham, Engeland, stig die Football League. 1945 – Die Arabiese Liga word deur Egipte, Irak, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië in Kaïro gestig. 1995 – Russiese ruimtevaarder Waleri Poljakof van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug. 2005 – Die agtste Vrouekrieketwêreldbeker begin in Suid-Afrika. 2009 – Engeland wen die negende Vrouekrieketwêreldbeker in Australië. 2024 – 'n Gekoördineerde terroristeaanval in die Krokus Stadsaal-musieklokaal in Moskou eis die lewens van meer as 133 mense.
Geboortes 1459 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse keiser († 1519). 1584 – Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet en wiskundige wat die Mercatorreeks ontdek het († 1667). 1768 – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter († 1861). 1797 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888). 1844 – Sarah Bernhardt, Franse toneelspeelster en rolprentaktrise (* 1844). 1868 – Edwin Cheere Anderssen, Afrikaanse leraar van die NG Kerk en veldprediker tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1947). 1869 – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne († 1964). 1908 – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer († 1988). 1929 – P. Ramlee, Maleisiese sanger, akteur en liedjieskrywer († 1973). 1929 – Yayoi Kusama, Japannese kunstenaar wat hoofsaaklik in beeldhoukuns en installasie gewerk het († 2026). 1934 – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis († 2022). 1936 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant († 2023). 1944 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter († 2011). 1963 – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur († 2021). 1971 – Keegan-Michael Key, Amerikaanse akteur. 1976 – Reese Witherspoon, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1980 – Kandyse McClure, Kanadese aktrise. 1999 – Mick Schumacher, Duitse Formule Eenrenjaer, seun van Michael Schumacher.
Sterftes 264 – Dionisius die Grote 14de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* datum onbekend). 1832 – Johann Wolfgang von Goethe, 'n Duitse skrywer, digter, dramaturg, skilder, regsgeleerde en filosoof (* 1749). 1880 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal (* 1844). 1899 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap (* 1836). 1950 – Emmanuel Mounier, 'n Franse filosoof (* 1905). 2016 – Eli Louw, Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker (* 1927). 2020 – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres (* 1938). 2021 – Elgin Baylor, Amerikaanse basketbalspeler (* 1934). 2026 - Lionel Jospin, 'n Franse politikus (* 1937).
Vakansie dae Wêreldwaterdag
Kategorie:Maart