27 Junie is die 178ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (179ste in skrikkeljare). Daar volg nog 187 dae in die res van die jaar.
Gebeure
678 – Pous Agato volg Pous Donus op. 1511 – Pous Julius II begin 'n baard dra as teken van rou oor die val van Bologna. 1584 – Pous Gregorius XIII stig die Maroniete seminarie in Rome. 1759 – Generaal James Wolfe begin die beleg van Quebec. 1787 – Edward Gibbon voltooi The History of the Decline and Fall of the Roman Empire . 1862 – Slag van Cold Harbor: Amerikaanse Burgeroorlog - Generaal Robert E. Lee van die Gekonfedereerde State van Amerika behaal die oorwinning. 1871 – Die jen word Japan se amptelike geldeenheid. 1893 – Val van die New York aandelebeurs. 1905 – Muitery op die slagskip Potemkin. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Griekeland verklaar oorlog teen die Sentrale Magte. 1953 – Joseph Laniel word eerste minister van Frankryk. 1954 – Die wêreld se eerste kernkragsentrale ingewy by Obninsk, naby Moskou. 1957 – 500 mense sterf as gevolg van Orkaan Audrey in Louisiana en Texas. 1964 – Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins. 1967 – Die wêreld se eerste OTM word in Enfield, Londen geïnstalleer. 1969 – Die Stonewall-oproer lui die begin van die gayregtebeweging in die Verenigde State in. 1977 – Frankryk verleen onafhanklikheid aan Djiboeti 1984 – Pierre Elliott Trudeau wen die Albert Einstein prys vir vrede. 1986 – Die Internasionale regshof beslis teen die VSA in Nicaragua v. Verenigde State van Amerika. 1991 – Slowenië word deur Joego-Slawiese magte aangeval. 2001 – Die Internasionale regshof beslis teen die VSA in die LaGrand-saak.
Geboortes 1350 – Manuel II Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk († 1425). 1682 – Charles XII van Swede, koning van Swede in 1697-1718 († 1718) (17 Junie op die Sweedse kalender). 1869 – Hans Spemann, ontvanger van die Nobel Prys vir medisyne 1935 († 1941). 1869 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis († 1940). 1872 – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer († 1906). 1880 – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968). 1918 – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter († 2011). 1925 – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger († 2010). 1927 – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek († 1990). 1935 – Louis van Niekerk, Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en teaterregisseur († 2023). 1948 – Richard G. Morris, Britse neurowetenskaplike. 1949 – Dierdré Snijman, Suid-Afrikaanse plantkundige en planttaksonoom. 1951 – David Kramer, Suid-Afrikaanse musikant. 1967 – Samantha Newark, Engelse akteur en komponis. 1983 – Dale Steyn, Suid-Afrikaanse toetskrieketspeler. 1983 – Bongmusa Mthembu, Suid-Afrikaanse ultramaratonatleet. 1985 – Nico Rosberg, Formule Een-wêreldrenjaerkampioen van 2016.
Sterftes 363 – Keiser Julianus Apostata (* 331). 1831 – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole (* 1779). 1844 – Joseph Smith jr., stigter van die Mormoonse Kerk (* 1805). 1890 – Dietlof Maré, sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) (* 1824). 1934 – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1851). 1952 – Elmo Lincoln, Amerikaanse akteur (* 1889). 1957 – Malcolm Lowry, Engelse digter en romanskrywer (* 1909). 1989 – Alfred Jules Ayer, Britse filosoof (* 1910). 2001 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur (* 1925). 2009 – Gale Storm, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1922). 2016 – Bud Spencer, Italiaanse akteur (* 1929). 2016 – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer (* 1928). 2018 – Renata Coetzee, kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners (* 1930).
Vakansies, vieringe en waarnemingsdae Fees van Cyrillus van Alexandrië. MIV-toetsdag in die VSA. Stonewalldag, gayregtetrotsdag. Dag van die Halfbloed - Brasilië
Kategorie:Junie