21 Maart is die 80ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (81ste in skrikkeljare). Daar volg nog 285 dae in die jaar.

Gebeure 1148 – Pous Eugenius III hou ’n sinode in Reims. 1364 – Bartolomeo Prignano (later Pous Urbanus VI) word aartsbiskop van Acerzenza in die koninkryk van Napels. 1556 – Aartsbiskop van Kantelberg Thomas Cranmer word in Oxford, Engeland, per brandstapel tereggestel. 1591 – Pous Gregorius XIV publiseer die bul "Cogit nos" waarin alle weddenskappe op die uitkoms van 'n konklaaf verbied word. 1684 – Giovanni Cassini ontdek Dione en Tethis, twee van die groote mane van die planeet Saturnus. 1788 – ’n Brand verwoes die Amerikaanse stad New Orleans. 1800 – Pius VII word as Pous gekroon deur kardinaal Antonio Maria Doria Pamphilj in Venesië met ’n tydelike pouslike tiara gemaak van papier-mâché. 1804 – Code Napoléon word aangeneem as Franse siviele reg. 1825 – Pous Leo XII stel Gustave-Maximilian-Juste de Croy, aartsbiskop van Rouen en Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI), ab en vikaris generaal van sy orde aan as kardinale. duimnael|250px|Die nadraai van die Sharpeville-slagting. 1881 – Vrede word gesluit tussen die Boeremagte en Brittanje om die Eerste Vryheidsoorlog te beëindig. 1918 – Duitsland loods ’n groot offensief in die Somme-gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog. 1935 – Sjah Reza Pahlavi vra die internasionale gemeenskap formeel om Persië se inheemse naam, Iran, wat “Land van die Ariane” beteken, te gebruik. 1960 – Sharpeville-slagting: Die Suid-Afrikaanse Polisie skiet 69 betogers teen die paswette dood by die polisiekantoor in Sharpeville. 1973 – Die Paul Krugerhek, die naaste toegangshek aan Skukuza in die Krugerwildtuin, word amptelik geopen. 1990 – Die voormalige Suidwes-Afrika, Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste president. 2005 – Hifikepunye Pohamba word ingehuldig as tweede president van Namibië. 2014 – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken die wet, waardeur die Krim 'n republiek en Sewastopol 'n federale stad binne die Russiese Federasie word. 2015 – Tydens die 25ste onafhanklikheidsvierings in Namibië word die ou-premier Hage Geingob ingesweer as nuwe president van dié land, terwyl Saara Kuugongelwa die ampseed aflê as eerste minister. 2018 – Die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA)-ooreenkoms word deur 44 van die Afrika-unie (AU) se 55 lidlande in Kigali, Rwanda, onderteken.

Geboortes 1768 – Joseph Fourier, Franse wiskundige en fisikus († 1830). 1918 – Charles Thompson, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. († 2016). 1922 – Russ Meyer, Amerikaanse vervaardiger van seksfilms, pionier van die porno-industrie († 2004). 1927 – Hans-Dietrich Genscher, Duitse politikus († 2016). 1935 – Erich Kunzel, Amerikaanse dirigent († 2009). 1942 – Franz Marx, Suid-Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer en regisseur († 2021). 1944 – Hilary Minster, Britse akteur († 1999). 1948 – Fariborz Sahba, Irannees-Kanadese argitek. 1949 – Slavoj Žižek, Sloweense sosioloog, filosoof, psigoanalis en kultuurkritikus. 1955 – Jair Bolsonaro, Brasiliaanse president. 1960 – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer († 1994). 1962 – Rosie O'Donnell, Amerikaanse aktrise. 1962 – Zackie Achmat, Suid-Afrikaanse menseregte-aktivis. 1970 – Cenk Uygur, Turks-gebore Amerikaanse media-persoonlikheid, politikus en politieke kommentator. 1975 – Corné Krige, Suid-Afrika se ses-en-veertigste Springbokkaptein. 1980 – Ronaldinho, beroemde Brasiliaanse professionele sokkerspeler.

Sterftes 1762 – Nicolas-Louis de Lacaille, Franse sterrekundige (* 1713). 1951 – Willem Mengelberg, Nederlandse simfoniedirigent (* 1871). 2001 – Vause Raw, Suid-Afrikaanse politikus (* 1921). 2013 – Chinua Achebe, Nigeriese skrywer (* 1930). 2017 – Martin McGuinness, Noord-Ierse republikeinse politikus (* 1950). 2020 – Sol Kerzner, Suid-Afrikaanse hotelmagnaat (* 1935). 2021 – Jimmy Abbott, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis (* 1959). 2024 – Markus Jooste, Suid-Afrikaanse sakeman (* 1961). 2025 – George Foreman, Amerikaanse bokser (* 1949).

Vakansiedae Menseregtedag in Suid-Afrika. Benito Juárezdag in Meksiko Nouruz in Iran, Wêreldpoësiedag Onafhanklikheidsdag in Namibië

Kategorie:Maart