duimnael|regs|Die Boeing 707, 1964 duimnael|regs|Boeing 737-300 duimnael|regs|Boeing 787-8 Dreamliner

Boeing (The Boeing Company) is 'n Amerikaanse maatskappy wat vliegtuie en militêre toerusting vir verdediging, lug- en ruimtevaart vervaardig. Sy passasiersvliegtuie (soos die Boeing 737 en 747) word deur lugdienste oor die hele wêreld gebruik.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die maatskappy is in 1916 deur William Edward Boeing in Seattle, Washington gestig. In 1997 het hulle hul belangrikste mededinger, McDonnell Douglas, gekoop. Boeing se hoofkantoor is vanaf 2001 in Chicago, Illinois in die Verenigde State, met sy grootste vervaardigingsfasiliteite naby Seattle.

In 2015 het die maatskappy 'n omset van byna VS$ 100 miljard gehad, waarvan twee derdes vanaf siviele passasiers- en vragvliegtuie afkomstig was. Boeing lewer in hierdie jaar 762 vliegtuie en het teen die einde van die boekjaar kontrakte gehad om 'n verdere 5 800 vliegtuie te lewer. In 2020 het die maatskappy 161 133 werkers in diens gehad. As gevolg van 'n dalende vraag na passasierstralers, wat herstrukturering nodig maak, het Boeing in Mei aangekondig dat sowat tien persent van die werksgeleenthede verlore sal gaan.Reuters, 27 Mei 2020: Boeing set to announce significant U.S. job cuts this week: union. Besoek op 27 Mei 2020

Lys van Boeing se passasiersvliegtuie Onttrekte vliegtuie Boeing 247

In gebruik Boeing 707 Boeing 717 Boeing 727 Boeing 737 Boeing 747-400 Boeing 747-8 Boeing 757 Boeing 767 Boeing 777 Boeing 787 Dreamliner

Toekomstige vliegtuie Boeing Yellowstone Project (Boeing Y1, Y2 en Y3)

Militêre vliegtuie Boeing B-17 Flying Fortress Boeing B-29 Superfortress Boeing B-47 Stratojet Boeing B-50 Superfortress Boeing B-52 Stratofortress Boeing C-17 Globemaster III Boeing KC-135 Stratotenker Boeing P-12 Boeing P-26 Peashooter

Onbemande vliegtuie Boeing Insitu ScanEagle

Verwysings