14 Maart is die 73ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (74ste in skrikkeljare). Daar volg nog 292 dae.
Gebeure 1319 – Pous Johannes XXII publiseer die bul Ad ea quibus wat die Portugese orde van die Ridders van Christus instel. 1487 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word ab in commendam van die Monte Cassino klooster. 1588 – Pous Sixtus V verklaar St. Bonaventure tot doktor van die Kerk. 1590 – Henri van Navarre en die Hugenote verslaan die magte van die Katolieke Bond onder die Duc de Mayenne in die Slag van Ivry. 1644 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) word titulêr aartsbiskop van Tarsus. 1676 – Goewerneur IJsbrand Godske van die Kaap de Goede Hoop word opgevolg deur Kommandeur Johan Bax van Herenthals. 1794 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as nuntius verplaas na Keulen maar moet weens die oorlog sy intrek in Augsburg neem. 1794 – Eli Whitney patenteer die pluismeul. 1800 – Pous Pius VII volg Pous Pius VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1943 – Die Britse duikboot, HMS Thunderbolt, die voormalige HMS Thetis, word vir die tweede en laaste keer gesink. 1964 – Jack Ruby word skuldig bevind van die moord op Lee Harvey Oswald. 1975 – Die Suid-Afrikaner John van Reenen stel 'n nuwe wêreldrekord op in diskusgooi. 1982 – 'n Bom ontplof in die ANC se kantore in Londen. 1984 – Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland. 1991 – Die "Birmingham Ses", te vore verkeerdelik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland skuldig bevind, word na 14 jaar in die tronk vrygelaat.
Geboortes 1875 – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis († 1934). 1878 – Alexander du Toit, Suid-Afrikaanse geoloog († 1948). 1879 – Albert Einstein, Duitse fisikus en ontvanger van die Nobelprys vir Fisika in 1921 († 1955). 1887 – Charles Reisner, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer († 1962). 1901 – Sid Atkinson, Suid-Afrikaanse atleet († 1977). 1928 – Frank Borman, Amerikaanse Apollo 8-ruimtevaarder († 2023). 1931 – George Bartlett, Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus († 2010). 1933 – Quincy Jones, Amerikaanse plate- en TV-vervaardiger, dirigent en liedjieskrywer († 2024). 1934 – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder († 2017). 1937 – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketkaptein († 2013). 1938 – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer († 1996). 1986 – Jamie Bell, Engelse akteur.
Sterftes 840 – Einhard, Frankiese geleerde, kunsdeskundige en skrywer (* circa 770). 1883 – Karl Marx, Duitse filosoof, ekonoom, sosioloog en joernalis (* 1818). 1932 – George Eastman, Amerikaanse uitvinder (* 1854). 1943 – P.C. Boutens, Nederlandse digter en klassikus (* 1870). 1946 – Werner von Blomberg, Duitse veldmaarskalk (* 1878). 2007 – Gareth Hunt, Britse akteur (* 1942). 2010 – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1926). 2017 – Henno Cronjé, predikant en Afrikaanse skrywer (* 1931). 2018 – Stephen Hawking, Britse fisikus en skrywer (* 1942). 2019 – Charlie Whiting, Britse motorsportadministrateur, veral bekend in Formule 1 (* 1952). 2023 – Gloria Bosman, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1973). 2026 – Jürgen Habermas, Duitse filosoof en sosioloog (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Nuwejaarsdag (Sikhisme) Witdag in Japan Pi-dag
Eksterne skakels
Kategorie:Maart