Die Europese spreeu (Sturnus vulgaris) is 'n algemene standvoël in dorpe en op oop landbougrond. Die voël is vanaf Europa ingevoer en brei nog steeds sy verspreidingsgebied uit vanaf die oorspronklike invoerpunt in Kaapstad. Die voël is 20 – 22 cm groot en weeg 65 - 95 gram. In Engels staan die voël bekend as die Common Starling.

Sy vestiging in Ysland, waar hy sedert 1940 inheems voorkom, het sonder die regstreekse toedoen van die mens plaasgevind, maar hierdie spreeus is daadwerklik in lande soos Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika (in 1899 deur Cecil Rhodes) ingevoer.

Aan die einde van die vorige eeu is verskeie pogings onderneem om die Europese spreeu in Noord-Amerika te vestig. Op een na was almal onsuksesvol: Net die 100 voëls wat in Central Park, die hartjie van New York, losgelaat is, het begin broei en 40 jaar later was Europese spreeus oor die hele Noord-Amerika versprei.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron

Wêreldspektrum, 1982, , volume 26, bl. 123 Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Spreeus