Die kleinblouoorglansspreeu (Lamprotornis elisabeth) is 'n algemene standvoël in miombo-boomveld. Hulle kom dikwels in groot swerms voor in die winter. Die voël is 19 cm groot en weeg 52 - 66 gram. In Engels staan die voël bekend as die miombo blue-eared starling.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Spreeus