Perindopril 180px|Perindopril se chemiese struktuur Algemeen Chemiese formule C19H32N2O5 Molêre massa 368.468 g/mol Voorkoms wit, kristallyn CAS-nommer 82834-16-0 Farmakokinetika Biobeskikbaarheid 24% Proteïengebonde 20% Metabolisme/uitskeiding Niere Eliminasie-halfleeftyd 1–17 uur vir perindoprilaat (aktiewe metaboliet) duimnael|Voorbeelde van perindopril tersiêre butielamin verpaking. Farmakologiese werking Perindopril is 'n langwerkende AOE-remmer. Dit word gebruik om hoë bloeddruk, hartversaking of stabiele hartvatsiekte te behandel

Vorm en samestelling Volgens data deur die vervaardiger aan die Australiese Departement van Gesondheid en Veroudering verskaf, is perindopril arginien (handelsnaam Coversyl) en perindopril erbumien (handelsnaam Aceon) terapeuties ekwivalent aan mekaar en mag hulle uitgeruil word sonder enige merkbare verskil in kliniese effek. Die voorgeskrewe dosis sal egter verskil omrede die molekulêre massa verskil vir die twee vorme (soute). In Suid-Afrika word perindopril erbumien gewoonlik as "perindopril tersiêre butielamin" verkoop onder die handelsname Ran-Perindopril en Circator onder andere.

Aanwysings Essensiële hipertensie. Stabiele hartvatsiekte: afname in hartaanvalle in pasiënte met 'n geskiedenis van miokardiale infarksie. Behandeling van simptomatiese hartsiekte of hartversaking.

Dosis en toediening Perindopril, as behandeling vir hipertensie, se aanvangsdosis is 5 mg perindopril arginien (of 4 mg perindopril erbumien) eenkeer per dag. Na 'n maand se behandeling, kan die dosis vermeerder word tot 10 mg perindopril arginien (of 8 mg perindopril erbumien) om bloeddruk beter te beheer in geval van gelyktydige stabiele hartvatsiekte.

'n Proefneming, die Anglo-Scandinavian Cardiac Outcomes Trial (ASCOT), het die voordele daarvan bewys om twee middels, perindopril en amlodipien ('n kalsiumkanaalblokker), saam te neem. 9000 Britse proefpasiënte tussen 40 en 79 oud is in 'n vyfjaarlange proefneming betrek. Die nuwe geneesmiddelkombinasie is aan die helfte van hulle toegedien, en die res het tradisionele geneesmiddels ontvang. Daar is toe bevind dat Coversyl en amlodipien so effektief is, dat die proefneming vroegtydig gestaak is sodat die ander helfte ook die nuwe kombinasie kon ontvang.

Vir stabiele hartvatsiekte 'n Aanvangsdosis van 4 mg vir twee weke word aanbeveel, daarna opwaartse titrasie tot 8 mg eenkeer per dag, afhangend van die aanvaarding daarvan.

Kongestiewe hartversaking Behandeling hiervoor met perindopril behoort onder streng mediese toesig ingestel te word teen 'n aanvangsdosis van 2 mg daagliks. Hierna mag dit verhoog word tot 4 mg sodra die bloeddruk gestabiliseer het.

Bejaarde pasiënte behoort aanvanklik 2 mg daagliks te neem.

Teenaanwysings Kinders Swangerskap en borsvoeding Geskiedenis van hipersensitiwiteit teenoor perindopril Nierversaking

Voorsorgmaatreëls Nierfunksie behoort voor en tydens behandeling bepaal en beoordeel te word. Renovaskulêre hipertensie. Sjirurgie/narkose.

Newe-effekte Ongewoon en lig, gewoonlik aan die begin van behandeling: hoes moegheid hoofpyn slaap- en gemoedsteurnisse

Minder gereeld: smaakverlies maagongemak naarheid abdominale pyn uitslag

Samestelling Elke tablet bevat 2 mg, 4 mg of 8 mg van die tert-butylamiensout van perindopril.

Perindopril is ook beskikbaar as Coversyl Plus, bevattende 5 mg perindopril arginien gekombineer met 1.25 mg indapamied.

Aanbieding Lugdig-verseelde pakkies van 30 gekeepte tablette Coversyl (perindopril) 4 mg. Houers van 30 tablette Coversyl (perindopril) 10 mg.

Ook wêreldwyd beskikbaar onder die volgende handelsname: Aceon Acertil Actiprex Armix Coverene Coverex Coversum Prestarium Prexanil Prexum Procaptan Provinace Covinace Pericard Perinda Spec-Perindopril

Verwysings Bounhoure JP, Bottineau G, Lechat P, et al.. "Value of perindopril in the treatment of chronic congestive heart failure: multicentre double-blind placebo-controlled study." Clin Exp Hypertens. 1989;A11(suppl 2):575-586. Lechat P, Granham SP, Desche P, et al.. "Efficacy and acceptability of perindopril in mild-to-moderate chronic congestive heart failure." Am Heart J. 1993;126:798-806. Morgan T and Anderson A; "Clinical efficacy of perindopril in hypertension." Clin Exp Pharmacol Physiol. 1992;19:61-65. Myers MG; (on behalf of the perindopril multicentre dose-response study group) "A dose-response study of perindopril in hypertension: effects on blood pressure 6 and 24h after dosing." Can J Cardiol. 1996;12:1191-1196. "The European trial On reduction of cardiac events with Perindopril in stable coronary Artery disease Investigators. Efficacy of perindopril in reduction of cardiovascular events among patients with stable coronary artery disease: randomized, double-blind, placebo controlled, multicentre trial (the EUROPA study)." The Lancet 2003;362:782-788.

Eksterne skakels Amptelike webtuiste van Servier

Kategorie:Geneesmiddels