Die olyfboslaksman (Chlorophoneus olivaceus) is 'n amper-endemiese, algemene standvoël van immergroen en rivierwoude. Die voël is 19 cm groot en weeg 34 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive bushshrike.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Boslaksmanne