Die Paddavissterrestelsel is ’n ontwrigte spiraalsterrestelsel sowat 400 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak. Sy mees dramatiese kermerke is ’n stert van sterre sowat 280 000 ligjare lank en massiewe helderblou sterreswerms.

’n Kompakter stelsel het vermoedelik voor die Paddavissterrestelsel verbybeweeg – van links na regs soos van die Aarde af gesien – en is om die Paddavis geslinger deur hul wedersydse swaartekrag-aantrekking. Tydens dié proses is die spiraalstelsel se sterre, gas en stof deur getykragte in ’n lang stertvormige patroon uitgerek. Die ander stelsel, wat na raming 300 000 ligjare agter die Paddavis lê, kan gesien word deur die spiraalarms op die voorgrond links bo op die foto.

Nes sy naamgenoot op die Aarde sal die Paddavis waarskynlik sy stert verloor wanneer dit ouer word – die sterreswerms in die stert sal moontlik klein satelliet-sterrestelsels van die groter spiraalstelsel vorm.

Verwysings

Nasa – die artikel bevat inligting van Nasa, wat in die publieke domein is.

Eksterne skakels ESA/Hubble-verslag

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Draak (sterrebeeld) Kategorie:Spiraalsterrestelsels