duimnael|260px|Die 1ste Oscar-toekenningsaand, wat deur 270 mense bygewoon is.

Die 1ste Oscar-toekenningsaand deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences (AMPAS) is op 16 Mei 1929 gehou om die beste rolprente van 1927 en 1928 aan te wys. Dit is gehou met ’n privaat aandete in die Hollywood Roosevelt Hotel in Los Angeles, Kalifornië. Die AMPAS-president, Douglas Fairbanks, was die aanbieder. Kaartjies het $5 gekos, 270 mense het dit bygewoon en die toekennings het 15 minute geduur. Dit is die enigste Oscar-seremonie wat nie oor die radio of op televisie uitgesaai was nie.

Die pryse, toe nog bekend as Academy Awards, is in 12 kategorieë toegeken en Charlie Chaplin en Warner Brothers het erepryse ontvang.

Wenners sluit in Seventh Heaven en Sunrise: A Song of Two Humans (3 pryse elk) en Wings (2 pryse).

Wenners en benoemdes Wenners is drie maande voor die tyd aangekondig. Emil Jannings was die eerste mens wat ’n Oscar ontvang het, vir beste akteur in die rolprente The Way of All Flesh en The Last Command.

Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem):

+ Wenners en benoemdes van die 1ste Oscar-toekenningsaand Beste rolprent Unieke en kunstige produksie Lucien Hubbard vir Paramount Pictures – Wings Howard Hughes vir Paramount Pictures – The Racket William Fox vir Fox Film Corporation – Seventh Heaven William Fox vir Fox Film Corporation – Sunrise: A Song of Two Humans Merian C. Cooper en Ernest B. Schoedsack vir Paramount Pictures – Chang: A Drama of the Wilderness Irving Thalberg vir Metro-Goldwyn-Mayer – The Crowd Beste regisseur, komedie Beste regisseur, drama Lewis Milestone – Two Arabian Knights Ted Wilde – Speedy Frank Borzage – Seventh Heaven Herbert Brenon – Sorrell and Son King Vidor – The Crowd Beste akteur in ’n hoofrol Beste aktrise in ’n hoofrol Emil Jannings – The Last Command en The Way of All Flesh Richard Barthelmess – The Noose en The Patent Leather Kid Janet Gaynor – Seventh Heaven, Street Angel en Sunrise: A Song of Two Humans Louise Dresser – A Ship Comes In Gloria Swanson – Sadie Thompson Beste oorspronklike storie Beste bewerkte storie Underworld – Ben Hecht The Last Command – Lajos Bíró Seventh Heaven – Benjamin Glazer Glorious Betsy – Anthony Coldeway The Jazz Singer – Alfred A. Cohn Beste kinematografie Beste redigeerwerk Sunrise: A Song of Two Humans – Charles Rosher en Karl Struss The Devil Dancer – George Barnes The Magic Flame – George Barnes Sadie Thompson – George Barnes The Dove en Tempest – William Cameron Menzies Seventh Heaven – Harry Oliver Sunrise: A Song of Two Humans – Rochus Gliese Beste ingenieurseffekte Beste titel Wings – Roy Pomeroy (Geen spesifieke prent) – Ralph Hammeras (Geen spesifieke prent) – Nugent Slaughter The Red Mill – Joseph Farnham The Magic Flame – George Marion jr. The Private Life of Helen of Troy – Gerald Duffy

Erepryse Charlie Chaplin Warner Brothers Production

Galery

Verwysings

Bibliografie

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

01