Berlare is 'n munisipaliteit in die provinsie Oos-Vlaandere (België) en het 'n oppervlakte van 37,82 km² en 14 690 inwoners. Die munisipaliteit lê aan die Skelde. Berlare grens aan die munisipaliteite Zele en Dendermonde (Schoonaarde). Die natuurskoon van die omgewing lok toeriste.

Plekke in die munisipale gebied van Berlare: Berlare (dorp), Overmere en Uitbergen.

Besienswaardighede Die Bareldonkkapel. Die bou van die kapel is in 1300 begin, en latere wysigings is in die 17e en 18e eeu aangebring. duimnael|250px|Die Bareldonkkapel

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Oos-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere