Uriah Heep is 'n Engelse progressiewe hardrock-groep wat na 'n karakter uit Charles Dickens se roman David Copperfield vernoem is. Uriah Heep is in 1969 in Londen deur kitaarspeler Mick Box, sanger David Byron en tromspeler Alex Napier gestig en word saam met Black Sabbath, Deep Purple en Led Zeppelin by die vroegste en suksesvolste verteenwoordigers van die hardrock-genre gereken. 'n Besondere kenmerk van hul musiekstyl is melodieuse en romantiese liedjies met dikwels meerstemmige sang. Die groep se plateverkope word op meer as 30 miljoen beraam.
Diskografie 1970 Very 'eavy... Very 'umble 1971 Salisbury 1971 Look at Yourself 1972 Demons and Wizards 1972 The Magician's Birthday 1973 Sweet Freedom 1974 Wonderworld 1975 Return to Fantasy 1976 High and Mighty 1977 Firefly 1977 Innocent Victim 1978 Fallen Angel 1980 Conquest 1982 Abominog 1983 Head First 1985 Equator 1989 Raging Silence 1991 Different World 1995 Sea of Light 1998 Sonic Origami 2008 Wake the Sleeper 2009 Celebration 2011 Into the Wild 2014 Outsider 2018 Living the Dream 2023 Chaos & Colour
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste
Kategorie:Engelse musiekgroepe