7 April is die 97ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (98ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 268 dae in hierdie jaar.
Gebeure 1348 – Die Duitse koning Karel IV stig die Almal Mater Carolus, die Karel Universiteit in Praag. Dit is die eerste Duitse universiteit noord van die Alpe. 1449 – Teenpous Felix V onderwerp hom aan Pous Nicolaas V. 1552 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) koop die pos van pouslike sekretaris. 1586 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word priester. 1655 – Pous Alexander VII volg Pous Innocentius X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1742 – Pous Benedictus XIV verklaar Camillus de Lellis salig. 1788 – Pous Pius VI stel José Francisco Miguel António de Mendoça, patriarg van Lissabon, aan as kardinaal. 1795 – Frankryk aanvaar die meter as lengte-eenheid. 1815 – Die vulkaan Tambora begin uitbars. 1856 – Nelson kollege in Nelson, Nieu-Seeland gestig. 1906 – Die vulkaan Vesuvius bars uit. 1927 – Eerste langafstand televisieuitsending. 1956 – Die Spaanse deel van Marokko word onafhanklik. 1964 – IBM kondig die System/360 aan. 1984 – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas. 1989 – Die Sowjetse duikboot Komsomolets sink in die Barentssee. 2001 – 2001 Mars Odyssey gelanseer.
Geboortes 1652 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII), die 246ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1740). 1770 – William Wordsworth, Engelse digter († 1850). 1853 – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk († 1884). 1874 – Charlotte Maxeke, SA godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis († 1939). 1926 – Gloria Warren, Amerikaanse aktrise († 2021). 1928 – James Garner, Amerikaanse akteur († 2014). 1929 – Bob Denard, Franse militaris († 2007). 1933 – Wayne Rogers, Amerikaanse akteur († 2015). 1938 – Freddie Hubbard, Amerikaanse jazz-trompetspeler († 2008). 1939 – Francis Ford Coppola, Amerikaanse regisseur en wynboer. 1941 – Gorden Kaye, Engelse akteur († 2017). 1944 – Gerhard Schröder, Duitse politikus. 1954 – Jackie Chan, Hongkong-Chinese akteur. 1955 – Akira Nishino, Japannese sokkerspeler en -afrigter. 1964 – Russell Crowe, Nieu-Seelandse akteur. 1970 – Leif Ove Andsnes, Noorse pianis. 1970 – Piet Norval, Suid-Afrikaanse tennisspeler. 1973 – Jeanine Hennis-Plasschaert, Nederlandse politikus. 1974 – Tygo Gernandt, Nederlandse akteur. 1975 – Erlend Øye, Noorse musikant. 1983 – Franck Ribéry, Franse sokkerspeler. 1985 – Humza Yousaf, Skotse politikus. 1999 – Conner Rayburn, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1614 – El Greco, Spaanse skilder, beeldhouer en argitek (* 1541). 1789 – Abdülhamid I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1725). 1882 – Charles Bell, Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls (* 1813). 1884 – Maria Doolaeghe, Vlaamse skryfster (* 1803). 1947 – Henry Ford, Amerikaanse motorvervaardiger (* 1863). 1955 – Theda Bara, Amerikaanse aktrise (* 1885). 1968 – Jim Clark, Skotse F1-motorrenjaer (* 1936). 1979 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran (* 1919). 1985 – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof (* 1888). 1990 – Nadezhda Sergeevna Kalugina, Russiese entomoloog (* 1930). 1994 – Golo Mann, Duitse geskiedkundige, publiseerder en skrywer (* 1909). 1997 – Georgi Shonin, Russiese ruimtevaarder (* 1935). 2023 – Ben Ferencz, Amerikaanse aanklaer by die Neurenberg-verhore (* 1920). 2026 – J.C.M.D. du Plessis, Suid-Afrikaanse leksikograaf en akademikus (* 1940).
Vakansie-, herdenkings- en waarnemingsdae Wêreldgesondheidsdag (Internasionale waarneming) Vrouedag in Mosambiek
Kategorie:April