Mohammad Chatami (Persies: سید محمد خاتمی, [sejˈjed mohæmˈmæde xɒːtæˈmiː]; * 29 September 1943) is 'n Irannese geleerde, Sjiitiese teoloog en hervormingsgesinde politikus. Hy het tussen 2 Augustus 1997 en 3 Augustus 2005 as die vyfde president van Iran gedien. In die 1980's en 1990's het hy ook die amp van minister van kultuur beklee. Hy is tans een van die leiers van die Irannese Groen Beweging.
Chatami was aanvanklik min bekend buite Teheran, maar het die aandag van baie kiesers met sy landwye verkiesingsveldtog en sy politieke program van liberalisering en hervorming getrek. Hy is uiteindelik met 70% van die uitgebragte stemme as president verkies. Gedurende sy twee ampstermyne het hy vrye meningsuiting, verdraagsaamheid en konstruktiewe diplomatieke betrekkinge met ander lande voorgestaan, terwyl in sy ekonomiese beleid beginsels soos 'n vrye mark en buitelandse beleggings sentraal gestaan het.
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Iran Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Irannese skrywers