Siya Kolisi, gebore op 16 Junie 1991 in Zwide, Port Elizabeth (nou Gqeberha) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die in die Verenigde Rugbykampioenskap speel. Sunday Times Siya Kolisi: ‘Through my own rise, I hope I can show people anything is possible’ Hy het voorheen die in die Curriebeker en die in Superrugby verteenwoordig en was ook die kaptein van die span. Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.
Vroeë lewe Kolisi het grootgeword in Zwide, iBhayi, 'n township in Gqeberha. Kolisi se ma Phakama was 16 en sy pa Fezakele in sy laaste skooljaar toe Siya gebore is. Kolisi se ma is dood toe hy 15 was en sy oorlede ouma Nolulamile is nagelaat om hom groot te maak.
Op 12-jarige ouderdom het hy talentsoekers by 'n jeugtoernooi in Mosselbaai beïndruk en is hy 'n beurs aangebied by Grey Junior in Port Elizabeth. Daarna word hy 'n rugbybeurs aan die Grey High School aangebied, dieselfde hoërskool wat Suid-Afrikaanse krieketspeler Graeme Pollock en die Engelse rugbyspeler Mike Catt bygewoon het. Kolisi het gereeld vir die skool se eerstespan gespeel. Hy was ook deel van die Oostelike Provinsie se jeugopset tussen 2007 en 2009, deur aan die onder-16 Grant Khomoweek en onder-18 Cravenweek deel te neem, voordat hy weswaarts verskuif het om by die Westelike Provinsie aan te sluit.
Verder het hy die SA Skolespan vir twee agtereenvolgende jare verteenwoordig.
Springbok en later ook kapteinskap Kolisi het sy debuut vir die Springbokke op 16 Junie 2013 teen Skotland, in die Mbombela-stadion te Nelspruit gemaak. Op 28 Mei 2018 word Kolisi as die Springbokkaptein aangewys vir die inkomende toetse in Junie teen Engeland, in Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Hierdeur word hy die span se eerste swart kaptein in hul 130-jarige bestaan.
Gwijo-ritueel Wanneer Kolisi, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi saam vir die Springbokke uitdraf, begin hulle dié taak met 'n ritueel: Hulle sing 'n tradisionele Gwijo-liedjie saam in hul moedertaal Xhosa.
Verwysings
Bronnelys Jeremy Daniel, Siya Kolisi: Against All Odds, Jonathan Ball Publishers, 2018, Siya Kolisi, Rise, autobiography, HarperCollins, 2021,
Eksterne skakels
Stormersprofiel itsrugby profiel
Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Xhosas