220px

Hafez

Irannese digter

Gebore 1325/1326 in Shiraz, Iran

Oorlede 1389/1390 in Shiraz, Iran

Literêre stroming Persiese liriese digkuns

Grafmonument 180px Khwāja Shamsu d-Dīn Muhammad Hāfez-e Shīrāzī (Persies: خواجه شمس‌ دین محمد حافظ شیرازی), beter bekend onder sy pennaam Hāfez (1325/26–1389/1390), was 'n Irannese digter. Die meeste Iraniërs, Afghane en Tadjikiërs besit sy versamelde werke en memoriseer sy gedigte om hulle as spreekwoorde en gesegdes te gebruik.

Hafez se lewe en gedigte is baie kere ontleed, en daar is talle kommentare en interpretasies. Die digter het meer invloed op die Persiese literatuur sedert die 14de eeu uitgeoefen as enige ander skrywer.

Geliefdes, geloof en die ontmaskering van huigelary staan sentraal in sy ghazals of liriese gedigte. Hafez laat sy invloed steeds op die lewens van Iraniërs geld. So word dikwels lesings van sy werke (fāl-e hāfez, Persies: فال حافظ) gehou, sy gedigte as liedtekste in tradisionele Persiese musiek gebruik, of hulle dien as inspirasie vir visuele kuns en kalligrafie. Baie Iraniërs bring 'n besoek aan sy graf. Daar is bewerkings, imitasies en vertalings van Hafez se gedigte in die meeste belangrike tale.

Eksterne skakels Media

youtube.com: Die Irannese sangeres Shakila sing 'n getoonsette gedig van Hafez (2012, in HD) youtube.com: Dariush - Beloved is here (Hafez, 2012) youtube.com: Max LL - Golestan

Kategorie:Geboortes in 1326 Kategorie:Irannese digters Kategorie:Sterftes in 1390