Die grootheuningwyser (Indicator indicator) is 'n gelokaliseerde maar redelik algemene standvoël en nomade in boomveld, savanne en plantasies, maar vermy berg- en tropiese woude. Soos ander heuningwysers is dit inheems aan Afrika, en het 'n wye verspreiding suidwaarts van die Sahara. Die voël is 18 – 20 cm groot en weeg 40 - 54 gram. In Engels staan die voël bekend as Greater honeyguide.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Heuningwysers