Sterkspruit is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Sterkspruit is naby die Lesothogrens en ongeveer 45 km van Zastron en 80 km vanaf Aliwal-Noord geleë. Die dorp ontleen sy naam aan die Sterkspruit wat deur die dorp vloei voor dit verder noord in die Oranjerivier uitmond.
Behalwe vir die verskeidenheid van winkels en vele besighede in die dorp, is daar ook die Empilisweni Distrikshospitaal, 'n openbare regeringsbefondsde en -bestuurde distrikshospitaal. Dit is 'n vlak 1-hospitaal met 93 bruikbare beddens. Aangesien dit so naby aan die Lesotho- en die Vrystaatgrens is, maak hierdie groot hospitaal ook gesondheidsdienste beskikbaar aan oorgrensbesoekers van Sterkspruit.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Joe Gqabi