Omar Sharif (Arabies: عمر الشريـف, Egiptiese Arabies [ˈʕomɑɾˤ eʃʃɪˈɾiːf]; gebore Michel Demitri Chalhoub [miˈʃel dɪˈmitɾi ʃælˈhuːb]; 10 April 1932 – 10 Julie 2015) was ’n Egiptiese akteur wat in verskeie Hollywood-rolprente gespeel het soos Lawrence of Arabia, Doctor Zhivago en Funny Girl. Hy is vir ’n Oscar benoem en het drie Golden Globes gewen.
Vroeë lewe Omar Sharif is op 10 April 1932 in ’n Libanese Christelike gesin in Alexandrië, Egipte, gebore as Michel Demitri Shalhoub (ميشيل ديمتري شلهوب). Hy het aan die Victoria-kollege in Alexandrië skoolgegaan en daarna ’n graad in beide wiskunde en fisika aan die Universiteit van Kaïro behaal.
Loopbaan Rolprentloopbaan Sahrif het sy akteursloopbaan in 1953 begin met ’n rol in Sira` Fi al-Wadi. Hy het gou ’n ster geword en in meer as 20 Egiptiese produksies gespeel, onder andere saam met sy vrou, die Egiptiese aktrise Faten Hamama.
Sharif se eerste Engelse rol was dié van Sharif Ali in 1962 in David Lean se Lawrence of Arabia. Vir dié byrol is hy benoem vir ’n Oscar en het hy ’n Golden Globe gewen vir beste manlike byspeler. Hierna het hy ’n verskeidenheid karakters vertolk, soos ’n Spaanse priester in Behold a Pale Horse (1964) en die Mongoolse veroweraar in Genghis Khan (1965). In dieselfde jaar het hy in nog ’n prent van Lean gespeel: Doctor Zhivago, ’n verwerking van Boris Pasternak se roman, waarvoor Sharif sy tweede Golden Globe gewen het.
In die volgende paar jaar het Sharif ’n Duitse generaal vertolk in The Night of the Generals, kroonprins Rudolf van Oostenryk in Mayerling en Che Guevara in Che!. Hy het ook lof ontvang vir sy uitbeelding van Nicky Arnstein, die man van Fanny Brice in Funny Girl. Die Egiptiese regering was woedend oor sy besluit om saam met Barbra Streisand te werk vanweë Streisand se steun aan Israel. Streisand self het hierop geantwoord: "You think Cairo was upset? You should've seen the letter I got from my Aunt Rose!" Sharif het die rol in 1975 weer gespeel in die opvolgprent, Funny Lady.
In 2003 is hy geloof vir sy rol in die Franse prent Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran as ’n Turkse Moslem-handelaar wat ’n vaderfiguur word vir ’n Joodse seun.
Brugloopbaan Sharif het eens onder die wêreld se bekendste brugspelers getel en het in 1967 die "Omar Sharif Bridge Circus" gestig wat deur die wêreld gereis het om teen ander beroemde spanne te speel. Hy het verskeie jare lank saam met Charles Goren ’n gesindikeerde brugrubriek vir die koerant Chicago Tribune geskryf. Hy het egter die skryf van die kolom meestal oorgelaat aan Tannah Hirsch, wie se naam tot vandag saam met syne in die naamlyn verskyn. Hy is ook die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke oor brug en het sy naam gekoppel aan ’n brugvideospel, Omar Sharif Bridge, wat steeds verkoop word.
Sharif het dikwels in casino's in Frankryk gedobbel."Omar Sharif sued for assault". (6 November 2005). New Sunday Times, bl. 29. In 2006 het gesê hy het ophou brug speel en dobbel omdat hy sy familie afgeskeep het en meer tyd saam met hulle wou deurbring.
Persoonlike lewe duimnael|links|240px|Sharif en die Libanese aktrise en sangeres Cyrine Abdelnour in 2009 by die Venesiese Rolprentfees. Sharif het vlot Arabies, Engels, Grieks en Frans gepraat. Hy het ook ’n bietjie Italiaans, Spaans en Turks gepraat.
Hy het van sy geboorte in 1932 in Egipte gewoon en in 1965 na Europa getrek. In sy outobiografie skryf hy sy pa was nie ’n ryk man nie, maar het heelwat verdien.Sharif, Omar (1977), The Eternal Male: My Own Story, Doubleday, NY, 1ste uitg. Voor die Egiptiese Rewolusie van 1952 het koning Faroek dikwels Sharif-hulle se huis besoek, waar hy ’n vriend en kaartspelmaat van Sharif se ma was. Sy ma was ’n elegante en sjarmante gasvrou wat danksy dié verbintenis in hoë kringe beweeg het. Sharif vertel ook sy pa se houtonderneming was in dié tyd baie suksesvol, op maniere wat hy beskryf as oneerlik of immoreel.
Sy pa se onderneming is geknou ná die bewindsoorname en nasionalisasiebeleid van Gamal Abdel Nasser Daar was ook reisbeperkings en Sharif kon dit nie hanteer nie – dit het hom laat besluit om in Europa te bly tussen die skiet van rolprente. Dié besluit het hom sy huwelik met Hamama gekos, maar hulle het vriende gebly. Hulle het ’n seun, Tarek El-Sharif. Hy is in 1957 in Egipte gebore en het in Doctor Zhivago verskyn as Yuri op agtjarige ouderdom. Die egskeiding was ’n kruispad vir Sharif en hy het verander van ’n gevestigde gesinsman in ’n lewenslange alleenloper wat in Europese hotelle gewoon het. Oor sy Hollywood-loopbaan het hy gesê: "Dit het vir my glorie gebring, maar ook eensaamheid. En die gemis aan my eie land en my eie mense."
Sharif en Peter O'Toole het vriende geword tydens die verfilming van Lawrence of Arabia. Hulle het daarna in nog ’n paar rolprente saam verskyn en het goeie vriende gebly.
Hy het in 2010 ’n eregraad van die Universiteit van Hull gekry. In November 2005 het hy die Sergei Eisenstein-medalje by Unesco gekry uit erkenning vir sy bydrae tot die internasionale rolprentwese en kulturele verskeidenheid. Daar is net 20 medaljes gemunt en hulle word ongereeld toegeken. Dit is genoem na die Russiese regisseur Sergei Eisenstein.Famed screen artist Omar Sharif receives UNESCO Eisenstein Medal
Sharif het las meestal in Kaïro saam met sy familie gebly. Benewens sy seun het hy ook twee kleinseuns, Omar en Karim. Omar is ook ’n akteur.
Gesondheidsprobleme Sharif het in 1992 ’n driedubbele hartomleidingsoperasie ondergaan en het in 1994 ’n ligte hartaanval gehad.
Filmografie duimnael|180px|Sharif in Januarie 2009. + Films Jaar Titel Rol Notas 1954 Shaytan al-Sahra Bekend as Devil of the Sahara 1954 Sira` Fi al-Wadi Ahmed Ook bekend as The Blazing Sun, Struggle in the Valley of Fight in the Valley 1955 Ayyamna al-Holwa Ahmed "Ons Beste Dae" 1956 Siraa Fil-Mina Ragab 1957 Ard al-Salam Ahmed Bekend as Land of Peace 1957 The Lebanese Mission Mokrir As Omar Cherif 1958 La anam Aziz Ook bekend as I Do Not Sleep en No Tomorrow 1958 Goha Goha As Omar Cherif 1959 Fadiha fil-zamalek Scandal in Zamalek 1959 Sayedat el kasr Adel "Dame van die Kasteel" 1959 Seraa fil Nil Muhassab "Stryd op die Nyl" 1960 Bidaya wa nihaya 1960 Hobi al-wahid "My Enigste Liefde" 1960 Esha'a hob "Gerug van Liefde" 1960 Nahr al-Hob Khalid "Die rivier van Liefde" 1961 A Man in our House Ibrahim 1962 Lawrence of Arabia Sherif Ali 1964 Behold a Pale Horse Francisco 1964 The Fall of the Roman Empire Sohamus 1965 Doctor Zhivago Yuri 1965 The Yellow Rolls-Royce Davich 1965 Genghis Khan Genghis Khan 1967 The Night of the Generals Majoor Grau 1967 More Than a Miracle Prins Rodrigo Fernandez 1968 Funny Girl Nick Arnstein 1968 Mayerling Aartshertog Rudolf 1969 Che! Che Guevara 1969 The Appointment Frenderico Fendi 1969 Mackenna's Gold Colorado 1970 The Last Valley Vogel 1971 The Horsemen Uraz 1971 The Burglars Abel Zacharia 1973 La Isla misteriosa y el capitán Nemo Kaptein Nemo TV-minireeks 1974 Juggernaut Kaptein Axel Brunel 1974 The Tamarind Seed Feodor Sverdlov 1975 Ace Up My Sleeve Andre Ferren Ook bekend as Crime and Passion 1975 Funny Lady Nicky Arnstein 1976 The Pink Panther Strikes Again Egiptiese sluipmoordenaar naam nie op lys 1979 Ashanti: Land of No Mercy Prins hassan 1979 Bloodline Ivo Palazzi 1979 S-H-E Baron Cesare Magnasco S-H-E: Security Hazards Expert 1980 Oh Heavenly Dog Bart 1980 The Baltimore Bullet The Deacon 1980 Pleasure Palace Louis Lefevre TV-prent 1981 Green Ice Meno Argenti 1984 Top Secret! Agent Cedric 1986 Peter the Great Fyodor Romodanovsky TV-reeks 1986 Harem Sultan Hassan TV-prent 1986 Anastasia: The Mystery of Anna Tsaar Nikolaas II TV-reeks 1987 The Novice 1988 The Possessed Stepan 1989 Al-aragoz Mohamed Gad El Kareem 1990 The Opium Connection 1990 The Rainbow Thief Dima 1991 Memories of Midnight Constantin Demiris TV-prent 1991 Mowaten masri An Egyptian Citizen 1992 Beyond Justice Emir Beni-Zair 1992 Grand Larceny 1992 Mayrig 1992 Mrs. 'Arris Goes to Paris Markies Hippolite TV-prent 1992 588 rue paradis Hagop 1993 Dehk we le'b we gad we hob 1994 Lie Down with Lions Safar Khan TV-prent 1995 Catherine the Great Alexey Razumovsky TV-prent 1996 Gulliver's Travels TV-prent 1997 Heaven Before I Die Khalil Gibran 1998 Mysteries of Egypt Oupa Dokumentêr 1999 The 13th Warrior Melchisideck 2001 The Parole Officer Victor 2003 Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran Monsieur Ibrahim Deneji 2004 Hidalgo Sjeik Riaad 2005 Imperium: Saint Peter Petrus TV-prent 2005 Fuoco su di me Prins Nikolaas 2005 Shaka Zulu: The Last Great Warrior 2006 One Night with the King Prins Memucan 2006 The Crown Prince Hans Canon 2007 Hanan W Haneen TV-reeks 2007 The Ten Commandments Jetro TV-reeks 2008 The Last Templar Konstantine TV-reeks 2008 Hassan & Marcus Hassan/Morcus 2008 10,000 BC Verteller Net stem 2009 The Traveller 2009 J'ai oublié de te dire Jaume 2009 La Traversée du désir
Verwysings
Bibliografie The Eternal Male (1977) Omar Sharif's Life in Bridge (1983) Omar Sharif talks Bridge (2004) Bridge Deluxe II play with Omar Sharif (instruksieboek)
Eksterne skakels Omar Sharif by elcinema.com] (Arabies) The Making of Lawrence of Arabia , Bafta (Winter 1962-'63)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2015