Kakelaars (Phoeniculidae) is 'n familie van voëls in die orde Bucerotiformes. Die familie omvat 9 spesies wat in Afrika suid van die Sahara voorkom.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).
Voëls in die familie het swart vere met 'n blou of metaalgroen glans. Hulle het afgeronde vlerke, kort bene met lang naels en 'n lang, fyn, effens geboë snawel. Hulle vreet insekte en allerlei bessies. Die nes word in 'n boomholte gebou.
Taksonomie Genus Phoeniculus Phoeniculus bollei Phoeniculus castaneiceps Phoeniculus damarensis - Perskakelaar Phoeniculus granti Phoeniculus purpureus - Rooibekkakelaar Phoeniculus somaliensis Genus Rhinopomastus Rhinopomastus aterrimus Rhinopomastus cyanomelas - Swartbekkakelaar Rhinopomastus minor
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings