Bill Brewer was 'n Suid-Afrikaanse akteur, radiopersoonlikheid en 'n kritikus. Brewer het vir die Sunday Times gewerk en het gereeld resensies en rubrieke geskryf. Hy is as een van die invloedryke kritici van die 1950's en 1960's beskou.
Brewer maak sy teater-debuut in 1955 vir die Johannesburg Reps in Dear Charles. Hy het ook in verskeie rolprente gespeel en is onder andere bekend vir films soos Oupa for Sale en As die Aarde Skeur.
Hy is in 1984 oorlede.ESAT, besoek op 13 Julie 2013
Filmografie One Away, 1976 as Bass sr. Gold, 1974 as Aristide The Big Game, 1973 Pressure Burst, 1971 Diamantendetektiv Dick Donald (TV-reeks), 1971 as Allan Clifford Satan's Harvest, 1970 as tuinier Sandy the Seal, 1969 as Lowenstein Dirkie, 1969 as redakteur Die Vervlakste Tweeling, 1969 as Dr. McDougall Vrolike Vrydag 13de, 1969 Oupa for Sale, 1968 as Peter Petheridge The Jackal, 1967 as Stoffel The Professor and the Beauty Queen, 1967 as Chairman Hart Kavaliers, 1966 as Gen. Sir Godfrey Gray Africa Shakes, 1966 bestuurder van Ciro's Der Rivonia-Prozeß (TV-fliek), 1966 as Oberst Klindt All the Way to Paris, 1966 as president by konferensie Diamanten sind gefährlich (TV- minireeks), 1965 as Johnnie Metz Diamond Walkers, 1965 as De Ridder Tokoloshe, 1965 Death Drums Along the River, 1963 as Jack Pearson The Hellions, 1961 as Mike As die Aarde Skeur, 1961
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Sterftes in 1984