Johnny Weissmuller (gebore as Peter Johann Weißmüller; 2 Junie 1904 – 20 Januarie 1984) was ’n Amerikaanse swemmer en akteur wat veral bekend was vir sy rol as Tarzan in rolprente van die 1930's en 1940's en as houer van die beste rekords in mededingende swem van die 20ste eeu. Hy was in die 1920's een van die vinnigste swemmers in die wêreld: hy het vyf Olimpiese goue medaljes vir swem gewen en ’n bronsmedalje vir waterpolo.
Ná sy swemloopbaan het hy die sesde akteur geword wat Edgar Rice Burroughs se aapman, Tarzan, speel – in altesaam 12 rolprente. Sy bekende Tarzan-roep word steeds dikwels in rolprente gebruik.
Vroeë lewe links|200px|duimnael|Die swemmers Ralph Breyer, Bob Skelton en Johnny Weissmuller omstreeks 1925. Weissmüller was Duits. Hy was die seun van Peter Weissmüller en sy vrou, Elisabeth Kersch. Daar word algemeen aanvaar dat hy gebore is in Freidorf, ’n voorstad van die huidige stad Timişoara in Oostenryk-Hongarye (nou in Roemenië).
Volgens die joernaal van die skip waarmee hy en sy ouers in Ellis Island, VSA, aangekom het, is sy geboortedorp egter Párdány in Hongarye, wat vandag in Serwië naby die Roemeense grens is."Johnny Weissmuller." Britannica Online Encyclopedia."Businessweek report."
Volgens sy seun, Johnny jr., is hy Peter gedoop, maar het hy sy broer Johnny se naam gebruik omdat dié ’n Amerikaanse burger was en hy (Peter) nie. Op dié manier kon hy Amerika by die Olimpiese Spele verteenwoordig.Great Lives (BBC4): Johnny Weissmuller (9 Mei 2006).
Toe Weissmüller klein was, het sy ouers na Amerika geïmmigreer. Ná ’n kort rukkie in Chicago, waar hulle familie besoek het, het hulle na die steenkoolmyndorp Windber in Pennsilvanië getrek.
Op nege jaar het Weissmüller polio gekry. Sy dokter het hom aangeraai om te swem om die siekte te help beveg.
Loopbane Swem
Weissmuller het die skool vroeg verlaat en verskeie werke gedoen, soos dié van ’n lewensredder op ’n strand van die Michigan-meer. Terwyl hy by die Illinois-atletiekklub as ’n hysbakoperateur gewerk het, het hy die aandag getrek van die swemafrigter William Bachrach. Bachrach het Weissmuller afgerig en in Augustus 1921 het Weissmuller die nasionale kampioenskap in die 50- en 220-tree-afstande gewen. Hoewel hy oorsee gebore is, het Weissmuller Tanneryville, Pennsilvanië, as sy geboorteplek aangegee en sy jonger broer se geboortedatum. Dit was belangrik om ’n Amerikaanse paspoort te kry. Sy paspoort is in Mei 1924 uitgereik.
Op 9 Julie het Weissmuller Duke Kahanamoku se wêreldrekord in die 100 m-vryslag verbeter, met ’n tyd van 58,6 sekondes. Hy het die titel in dié nommer gewen op die Olimpiese Somerspele van 1924 in Parys deur Kahanamoku te klop vir die goue medalje. Hy het ook die 400 m-vryslag en die 4 x 200 m-aflos gewen. As lid van die Amerikaanse waterpolo-span het hy boonop ’n bronsmedalje gewen. Vier jaar later, in Amsterdam, het hy nog twee Olimpiese titels gewen.
Hy het altesaam vyf Olimpiese goue medaljes en ’n bronsmedalje en 52 Amerikaanse nasionale titels gewen, asook 67 wêreldrekords verbeter. Hy het nie een keer ’n item verloor nie. Hy is in 1950 deur Associated Press gekies as die beste swemmer van die eerste helfte van die 20ste eeu.
Rolprente duimnael|240px|links|Johnny Weissmuller en Johnny Sheffield in Tarzan Finds a Son! In 1929 het Weissmuller ’n kontrak met BVD geteken as ’n model en verteenwoordiger. Hy het deur die land gereis en swemvertonings gegee, blaadjies uitgedeel wat dié swemklere adverteer, handtekeninge uitgedeel en oor die radio gepraat. In dieselfde jaar het hy vir die eerste keer in ’n rolprent verskyn: as ’n Adonis met net ’n vyeblaar aan in ’n fliek met die naam Glorifying the US Girl. Hy het as homself verskyn in verskeie Crystal Champions-kortrolprente met hom en ander Olimpiese kampioene.
Sy toneelloopbaan het in 1932 begin toe hy ’n kontrak vir sewe jaar met MGM geteken het om as Tarzan in Tarzan the Ape Man te speel. Die prent was ’n groot sukses en Weissmuller het oornag ’n internasionale sensasie geword. Die skrywer van Tarzan, Edgar Rice Burroughs, was in sy noppies met Weissmuller. Hy het egter so min gehou van die ateljee se weergawe van Tarzan, wat skaars Engels kon praat, dat hy sy eie Tarzan-reeks geskep het met Herman Brix in die naamrol as ’n meer geartikuleerde weergawe van die karakter.
Weissmuller het in ses Tarzan-rolprente vir MGM gespeel met Maureen O'Sullivan as Jane en Cheeta die sjimpansee. In 1942 is Weissmuller na RKO, vir wie hy in nog ses Tarzan-flieks gespeel het met ’n aansienlik laer gehalte. Anders as MGM het RKO Weissmuller toegelaat om ander rolle ook te vertolk, hoewel ’n kontrak vir drie prente net gelei het tot die maak van een prent, Swamp Fire. Danksy dié 12 prente met Weissmuller as Tarzan het hy ’n geraamde $2 miljoen verdien en hom gevestig as die werklike Tarzan. Hy is die eerste akteur wat die bekende Tarzan-roep gegee het.
Daarna het Weissmuller in die prent Jungle Jim (1948) gespeel vir Columbia Pictures. Hy het tussen 1948 en 1954 in 13 Jungle Jim-prente gespeel. In 1955 het hy ’n TV-reeks oor Jungle Jim begin. Net 26 episodes is gemaak.
Ander prestasies Weismuller was ook ’n goeie amateur-gholfspeler en het in 1937 in twee amptelike PGA Tour-toernooie gespeel. Hy het in 1965 afgetree en na Fort Lauderdale, Florida, getrek waar hy die stigter en voorsitter was van die Internasionale Swem-eregalery.
Hy het tot die einde van 1973 in Florida gewoon en toe na Las Vegas getrek, waar hy vir ’n ruk in Caesars Palace gewerk het. In 1976 het hy in sy laaste prent, Won Ton Ton, the Dog Who Saved Hollywood gespeel.
Gesondheid en dood In 1974 het Weissmuller sy heup en been gebreek en sy gesondheid het daarna agteruitgegaan. Hy het ook ’n ernstige harttoestand gehad. In 1977 het hy ’n paar beroertes gehad. Hy is op 20 Januarie 1984 op 79 oorlede. Hy is net buite Acapulco begrawe.
Filmografie Rolprente Jaar Prent Rol 1929 Glorifying the American Girl Adonis1931 Swim or Sink Homself Water Bugs Homself1932 Tarzan the Ape Man Tarzan The Human Fish Homself 1934 Tarzan and His Mate Tarzan 1936 Tarzan Escapes Tarzan 1939 Tarzan Finds a Son! Tarzan 1941 Tarzan's Secret Treasure Tarzan 1942 Tarzan's New York Adventure Tarzan1943 Tarzan Triumphs Tarzan Tarzan's Desert Mystery Tarzan Stage Door Canteen Homself 1945 Tarzan and the Amazons Tarzan1946 Tarzan and the Leopard Woman Tarzan Swamp Fire Johnny Duval 1947 Tarzan and the Huntress Tarzan1948 Tarzan and the Mermaids Tarzan Jungle Jim Jungle Jim 1948 The Lost Tribe Jungle Jim1950 Mark of the Gorilla Jungle Jim Captive Girl Jungle Jim Jungle Jim in Pygmy Island Jungle Jim1951 Fury of the Congo Jungle Jim Jungle Manhunt Jungle Jim1952 Jungle Jim in the Forbidden Land Jungle Jim Voodoo Tiger Jungle Jim1953 Savage Mutiny Jungle Jim Valley of Head Hunters Jungle Jim Killer Ape Jungle Jim1954 Jungle Man-Eaters Jungle Jim Cannibal Attack Johnny Weissmuller1955 Jungle Moon Men Johnny Weissmuller Devil Goddess Johnny Weissmuller 1970 The Phynx Homself 1976 Won Ton Ton, the Dog Who Saved Hollywood Toneelhelper #2 Televisie Jaar Titel Rol 1956–1958 Jungle Jim Jungle Jim
Verwysings
Eksterne skakels Louis S. Nixdorff, 1928 Olympic games collection, 1926–1978 , Archives Center, National Museum of US History, Smithsonian Institution. Die passasierslys van die skip wat die Weissmullers na Ellis Island gebring het "Serbia: Monument to Tarzan", The New York Times, 17 Februarie 2007. Volgens die artikel is Johnny Weissmuller in Serwië gebore.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verdere leesstof Fury, David A. Johnny Weissmuller: Twice the Hero (Minneapolis, Minnesota: Artist's Press. 2000) Weissmuller, Johnny Jr. Tarzan My Father, Toronto: ECW Press 2002
Kategorie:Amerikaanse sportlui Kategorie:Swemmers Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1984 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu