Die perskakelaar (Phoeniculus damarensis) is 'n redelik algemene standvoël in droë doringveld en mopanieboomveld; ook langs droë waterlope met groot bome. Die voël word 34 – 40 cm groot en weeg dan 76 - 94 gram. In Engels staan die voël bekend as Violet wood hoopoe.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Kakelaars