Die Bosveldpapegaai (Poicephalus meyeri) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade in savanne en breëblaarboomveld. Die voël kom in Zimbabwe, die noorde en ooste van Botswana en Noordoos-Namibië voor.
Die voël is 21–24 cm lank en weeg 100-130 gram. In Engels staan die voël bekend as die Meyer's Parrot.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Papegaaie en parkiete