Die geelkeelsandpatrys (Pterocles gutturalis) is 'n skaars standvoël en die grootste Afrika-sandpatrys. Die spesie is inheems aan noordwestelike Suid-Afrika, die sentrale gedeelte van Botswana en Tanzanië. Hulle is nomade in grasveld en op landerye, en word veral op swart turfgrond gevind. Hulle vergader gewoonlik vroegoggend om te drink. Die voël word 28 – 30 cm lank en weeg 290 tot 400 g. In Engels staan dit as die yellow-throated sandgrouse bekend.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sandpatryse