Die withalsbosduif (Columba delegorguei) is 'n skaars, gelokaliseerde bosduif. Die standvoël kom voor in woude met blaredakke, digte boomveld en digte bos aan die kus en onmiddellike binneland van KwaZulu-Natal en die oostelike hoogland van Zimbabwe. Die voël is 26 – 28 cm lank en 140 – 170 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Eastern Bronze-naped Pigeon.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Duiwe