Die Kaneelduif (Aplopelia larvata), voorheen Columba larvata, is 'n redelike algemene standvoël. Die voël hou van woudvloer en onderbos. Die voël kom voor in die bos areas van die suidkus en weskus van Suid-Afrika en ook die bosse van die Drakensberg. Die voël is 24 – 26 cm lank en 140 - 190 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Lemon Dove.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Duiwe