Die witborsduifie (Turtur tympanistria) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël. Die voël hou van woud en ruigtes en kom voor in die suid- en ooskus en onmiddellike binneland van Suider-Afrika. Die voël is 20 – 22 cm lank en 60 – 85 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Tambourine dove.

duimnael|links|Witborsduifie naby Hluhluwe in KwaZulu-Natal.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Duiwe