Die rooioogtortelduif (Streptopelia decipiens) is 'n redelike algemene standvoël. Die voël hou van boomveld, rivierbos, ruigtes en tuine in halfdorre savanne en kom voor in die noordelike gedeelte van Suider-Afrika.

Die voël is 28 – 30 cm lank en 120 - 200 g groot. In Engels staan die voël bekend as die African mourning dove. Die saadjies in die koorsbessie se vrugte is die gunstelingkos van die rooioogtortelduif.Birds of Botswana, Princeton Field Guides, , Princeton University Press, 2015, , , bls. 174

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Duiwe Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin