duimnael|links|Ligging van die Banks-eiland duimnael|links|Kaart van die Banks-eiland Banks-eiland (Engels: Banks Island), die wêreld se 24ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 70 028 km². Banks-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die Noordwestelike gebiede. Banks-eiland grens in die weste aan die Beaufortsee, in die suide aan die Golf van Amundsen, in die noorde aan die McClure-straat en in die ooste is die Victoria-eiland geleë. Dit is die westelikste eiland van die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse natuurkundige Joseph Banks, wat James Cook op sy reise vergesel het.

Eksterne skakels

Kategorie:Kanadese Arktiese Argipel Kategorie:Noordwestelike gebiede