Stadig oor die Klippe is 'n Afrikaanse swart en wit rolprent wat op 19 September 1969 uitgereik is. Die rolprent is 'n variasie van die film Boerboel de Wet.

Genre Die prent is ’n musiek-speurprent en 'n lekkerlag komedie.

Hoofrolspelers Al Debbo as speurder Boetie Vlenters June Neethling as Monica Terreblanche Hal Orlandini as Gladde Hennie Gouws Don Barrigo as Big Boss Nico Carstens as homself Johan du Plooy as mnr. Wessels Dirk de Villiers as mnr. Bosman Francis Coertze as mev. Marais Josh du Toit Esmé Euvrard as mev.m Bosman Jaco van der Westhuizen as mnr. Spies Anina Conradie as mej. Marais Sarah Sylvia as mev. Bloom Sann de Lange as matrone Leonie Ross as mev. Wessels Ian Strauss Frank Wise Ralph Loubser

Storielyn Boetie Vlenters is ‘n sukkelende privaatspeurder wat voortploeter van saak tot saak. Elke keer kruis sy paadjie met dié van 'n bende diamantdiewe. Onder die indruk dat Boetie 'n briljante speurder is, besluit hulle om van hom ontslae te raak, telkens met skreeusnaakse gevolge.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente