duimnael|links|Ligging van die Ellesmere-eiland duimnael|links|Osborn-berge op Ellesmere-eiland Ellesmere-eiland (Engels: Ellesmere Island, Inuktitut: Umingmak Nuna), die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 196 235 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Ellesmere-eiland grens in die noordooste aan die Lincolnsee, in die ooste aan die Nares-straat en in die suidooste aan die Baffinbaai; in die ooste is Groenland, in die suide Devon-eiland en in die weste Axel-Heiberg-eiland geleë. Op die eiland is Kanada se noordelikste punt, Kaap Columbia, en die noordelikste nedersetting ter wêreld, Alert, geleë. Ellesmere-eiland is die noordelikste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse politikus en skrywer Francis Egerton, die eerste graaf van Ellesmere.

Eksterne skakels

Kategorie:Koningin-Elizabeth-eilande Kategorie:Nunavut