Bismarck du Plessis (* 22 Mei 1984, Bethlehem, Vrystaat) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Sharks in die Superrugbykompetisie op haker gespeel het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Hy het sy eerste toets vir die Springbokke teen Australië op 7 Julie 2007 in Sydney gespeel.

Sy huidige klub is Montpellier in Frankryk, en sy broer is die oud-Springbokstut Jannie du Plessis.

Eksterne skakels

Bismarck du Plessis by itsrugby.co.uk

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners