Tendai Mtawarira (* 1 Augustus 1985, Harare, Zimbabwe) is ’n Springbokrugbyspeler wat ook vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die in die Superrugbykompetisie as loskopstut gespeel het. Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019.
Hy is een van die mees ervare Springbokke met meer as 100 toetse agter sy naam, nadat hy sy eerste toets teen Wallis op 4 Junie 2008 gespeel het. Sedert 2020 speel hy vir Old Glory DC in die VSA.
Eksterne skakels
Tendai Mtawarira by die Sharks Tendai Mtawarira by itsrugby.co.uk
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Zimbabwiese rugbyspelers Kategorie:Lewende mense