duimnael|links|Kaart van 1890 wat Marajó vertoon. Marajó (Portugees: Ilha de Marajó) is die grootste eiland van Brasilië en die grootste riviereiland ter wêreld. Dit is tussen die Amesonedelta in die weste en die monding van die Rio Tocantins in die suide net noordwes van die stad Belém in die noordooste van Brasilië geleë. In die noordooste grens die eiland aan die Atlantiese Oseaan. Die Marajó-eiland het 'n oppervlakte van 40 100 en 'n bevolking van 250 000 in 2010 gehad.

Kategorie:Eilande in Atlantiese Oseaan Kategorie:Eilande van Suid-Amerika Kategorie:Landvorme van Brasilië Kategorie:Pará