Vleiloeries (Centropus) is 'n genus van voëls in die familie van koekoeke (Cuculidae). Die genus omvat 27 spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). Die lang klou aan die halluks of agtertoon is kenmerkend, en die Griekse genusnaam verwys hierna. Dit is saamgestel uit kentron, 'n spoor, en pous, 'n poot. In Nederlands staan die genus derhalwe as die spoorkoekoeke bekend.
Spesies duimnael|Poot van 'n vleiloerie met lang agterklou. Dit is die "spoor" of kentron waarna hul genusnaam verwys – daar is geen spoor teen die been of vlerk nie.
Centropus andamanensis Centropus anselli Centropus ateralbus Centropus burchellii – Vleiloerie Centropus bengalensis Centropus bernsteini Centropus celebensis Centropus chalybeus Centropus chlororhynchos Centropus cupreicaudus – Grootvleiloerie Centropus goliath Centropus grillii – Swartvleiloerie Centropus leucogaster Centropus melanops Centropus menbeki Centropus milo Centropus monachus Centropus nigrorufus Centropus phasianinus Centropus rectunguis Centropus senegalensis – Senegalvleiloerie Centropus sinensis Centropus steerii Centropus superciliosus – Gestreepte vleiloerie Centropus toulou Centropus unirufus Centropus violaceus Centropus viridis
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Loeries