Die groenpootruiter (Tringa nebularia) is 'n algemene ouwêreldse waad- en trekvoël wat in Suider-Afrika hoofsaaklik as somerbesoeker voorkom. Dit word by kus- sowel as varswatermassas aangetref en talle oorwinter ook. Die streekbevolking is 30 000 pare. Die voël is 30 tot 34 cm lank, 140 tot 250 gram in gewig en het 'n vlerkspan van 68 cm. In Engels staan dit as die common greenshank bekend.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Steltloperagtiges