Allister Coetzee (gebore op 23 Mei 1963 te Grahamstad, Suid-Afrika) is 'n professionele rugbyafrigter. Hy is op 12 April 2016 aangewys as die nuwe afrigter van die senior Springbokspan.

Coetzee sluit in 2008 aan by WP Rugby met 'n ryk ondervinding op provinsiale en nasionale vlak. Hy was die seniorafrigter van die Stormers in Superrugby en die Westelike Provinsie se Curriebekerspan tot in 2015.

Hy was voorheen ook betrokke by die Oostelike Provinsie (2002–2003), die Cats (2006), SA onder-23 en was die Haaie se hulpafrigter in 2000 saam met Jake White, onder Hugh Reece-Edwards.

Verwysings

Eksterne skakels SA Rugbyprofiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyafrigters Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1963