duimnael|240px|Fort Selwyn duimnael|240px|Fort Selwyn
Fort Selwyn is 'n klein vesting op Gunfire Hill aan die suidwestelike kant van Grahamstad. Dit is op dieselfde terrein geleë as die Setlaars Monument en die beroemde standbeeld van 'n Setlaarsfamilie deur Ivan Mitford-Barberton.
Die fortjie is gebou in die jare 1835/1836 as deel van die goewerneur, sir Benjamin D'Urban, se verdedigingsmaatreëls vir die Kaapkolonie in die Kaapse grensoorloë. Die bouwerk is onderneem onder toesig van maj. C.J. Selwyn, die bevelvoerder van die Royal Engineers in die Oos-Kaap en die fortjie is na hom vernoem. Alhoewel dit reeds in 1870 in onbruik verval het, staan die twee kanonne nog op hul plek. In 1936 is dit reeds tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Bibliografie Bulpin, T.V.: Discovering Southern Africa. Kaapstad: Books of Africa, 1983.
Sien ook Lys van forte in die Oos-Kaap Kaapse grensoorloë
Eksterne skakels
Inligting oor die fort
Kategorie:Forte in Suid-Afrika Kategorie:Grahamstad Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika