Chionididae is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat een genus met twee spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).
Voëls in die familie broei op sub-antarktiese eilande en die Antarktiese Skiereiland. Die grootskedebek migreer in die suidelike winter na die Falkland-eilande en die kusgebiede van suidelike Suid-Amerika. Hulle is die enigste voëlfamilie wat endemies in die Antarktiese streek broei. Verder is hulle ook die enigste Antarktiese voëls sonder gewebde voete.
Taksonomie Genus Chionis Chionis albus - Grootskedebek Chionis minor - Kleinskedebek
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges