Die Rooiborsvleikuiken (Sarothrura rufa) is 'n algemene standvoël en leef in digte riete en biesies om vleie en strome. Die voël kom nie voor in die droër gedeeltes van Suider-Afrika nie. Die voël is 15 – 17 cm groot en weeg 30 - 46 gram. In Engels staan die voël bekend as Red-chested Flufftail.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Ralle