Die Gestreepte vleikuiken (Sarothrura affinis) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en leef in berggrasveld en fynbos. Hulle kom voor aan die suid en suidoos van Suid-Afrika, Mpumalanga en die hooglande in Zimbabwe. Die voël is 14 – 15 cm groot en weeg 25 - 30 gram. In Engels staan die voël bekend as Striped Flufftail.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Ralle