duimnael|50 Ethiopiese matonas uit 1931 duimnael|100 Ethiopiese birrnote uit 1932 duimnael|1 Ethiopiese birrnote uit 1961
Die Birr is die amptelike geldeenheid van Ethiopië.
Isokode: ETB Simbool: Br (Latynse skrif); ብር (Ethiopiese skrif) Subeenheid: santim Een birr is 'n honderd santim. Munte in sirkulasie: 1, 5, 10, 25, 50 en 100 santim. Banknote is beskikbaar in 1, 5, 10, 50 en 100 birr.
Voor 1976 was die Engelse vertaling van birr "dollar" gewees, maar deesdae staan dit amptelik as birr in Engels en ander tale bekend.
In 1931 het die Keiser van Ethiopië, Haile Selassie, formeel versoek dat die internasionale gemeenskap die naam Ethiopië gebruik (toe reeds intern so bekend vir ten minste 1600 jaar) in plaas van Abessinië, en die Bank van Abessinië het toe ook die Bank van Ethiopië geword. Dus kan die voor-1931 geldeenheid beskou word as die Abessiniese birr en die na-1931 geldeenheid die Ethiopiese birr, maar dit is steeds dieselfde land en dieselfde munt.
In 2008 was daar 186 miljard birr (VS$ 14,7 miljard of €9,97 miljard) in sirkulasie gewees.
Banknote is in die onderstaande reekse deur die National Bank of Ethiopia uitgereik:
ReeksDenominasies19451, 5, 10, 50, 100 en 500 birr19611, 5, 10, 20, 50, 100 en 500 birr19661, 5, 10, 50 en 100 birr19761, 5, 10, 50 en 100 birr19911, 5, 10, 50 en 100 birr19971, 5, 10, 50 en 100 birr20031, 5, 10, 50 en 100 birr200450, 100 birr20061, 10, 50, 100 birr.
Banknote van die Ethiopiese birr Waarde Voorkant Agterkant 1 birr 'n Jong seun Tisisat-waterval (Blounyl) 5 birr Oes van koffie Koedoe en rooikat 10 birr Mandjievlegster Trekker 50 birr Ploeg Enqulal Gemb fort (Gondar) 100 birr Ploeg 'n Man, mikroskoop
Verwysings
Eksterne skakels
Bankbiljetten van Ethiopië
Kategorie:Ethiopië Kategorie:Geldeenhede van Afrika