Die nasionale vlag van Nauru is op 31 Januarie 1968 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n enkele dun geel horisontale baan in die middel en ’n twaalfpuntige wit ster onder die skildhoek.
Simboliek Die vlag geen ’n aanduiding van die geografiese ligging van die eilandnasie. Die dun geel baan, wat 1/24ste van die breedte van die vlag is, stel die ewenaar voor. Die twaalfpuntige ster dui op die ligging van die eiland in die blou water van die Stille Oseaan, net suid van die ewenaar. Die skeiding van die vlag in twee gelyke dele dui op die verhaal dat die eerste inwoners skynbaar op twee rotse na die aarde gebring is. Die twaalf punte van die ster verteenwoordig die eiland se twaalf oorspronklike stamme. Die wit stel fosfaat voor waardeur die inwoners van die eiland rykdom verwerf het deur dit te ontgin.
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Nauru by Flags of the World.
Kategorie:Nauru Kategorie:Nasionale vlae