Die nasionale vlag van Oos-Timor is op 20 Mei 2002 in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee driehoeke teen die vlagpaalkant, ’n swart driehoek met ’n wit vyfpuntige ster in, op ’n geel driehoek wat wys in die rigting van die wapperkant, albei op ’n enkele rooi baan.
Simboliek duimnael|links|’n Wapperende vlag van Oos-Timor Volgens die Grondwet van die Demokratiese Republiek Timor-Leste stel die geel driehoek die “die tekens van kolonialisme in die geskiedenis van Oos-Timor” voor. Die swart driehoek stel “die verkramptheid wat oorkom moet word” voor; die rooi basis van die vlag stel die “nasionale vryheidstryd” voor; die ster, of “die lig wat leiding gee”, is wit om vrede voor te stel.
Geskiedenis Die vlag van Oos-Timor is in 2002 in gebruik geneem. Dit is dieselfde vlag wat oorspronklik met dié land se onafhanklikheidsverklaring van Portugal in 1975 in gebruik geneem is, voordat dit nege dae later deur Indonesië binnegeval is. Op middernag van 19 Mei 2002 en gedurende die eerste oomblikke van die onafhanklikheidsdag die volgende dag is die vlag van die Verenigde Nasies gestryk en die vlag van die onafhanklike Oos-Timor gehys.
Ander vlae ’n Ander vlag vir Oos-Timor is voorgestel deur die verteenwoordigers van die Timorese politieke partye en organisasies gedurende die eerste Oos-Timorese Nasionale Konvensie wat in April 1998 in Portugal gehou is. Hierdie vlag was aanvanklik die vlag van die Conselho Nacional de Resistência Timorense (Nasionale Raad van Oos-Timorese Weerstand). As gevolg van CNRT se gewildheid is konsensus onder die deelnemers bereik en die Konvensie het hulle vlag as ’n tydelike vlag vir Oos-Timor aanvaar. Dit is vervang deur die vorige ontwerp van 1975 tot 2002.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Oos-Timor by Flags of the World.
Kategorie:Oos-Timor Kategorie:Nasionale vlae